|
Nuusbrief
Ons almal hier by Bester Klub.com was die afgelope tyd baie besig om vir Bester 'n nuwe Klub en webblad te skep. BesterKlub.com voorheen bekend as inAfrikaans.com het n nuwe baadjie aangetrek met die vrystelling van die nuwe CD 'inAfrikaans.com Vol 2 - Liedjies en Stories'. Bester het sommer toe besluit dat dit tyd is vir 'n nuwe webblad wat soveel meer bied vir al die intekenaars! Julle sal opmerk dat daar 'n paar nuwe areas in die webblad is om die BesterKlub ondervinding onvergeetlik te maak, sodat julle net wil terugkom vir nog en nog en nog... Kyk net wat is beskikbaar!
Kinderhoekie
Hier kry kinders hulle daaglikse Afrikaanse dosis pret. Luister na Bester se tema liedjie – 'Dis Lekker om te Lewe' terwyl jy vir Bester die Renoster. Of doen een van die lekker aktiwiteite wat maandeliks inskakel by die nuwe tema.
Maandelikse kompetisies – Stuur jou ingekleurde prentjie en foto van jouself na Bester en staan n kans om n opwindende prys te wen! Bester – maatjie wat verjaar kry spesiale afslag op Bester produkte die maand van sy/haar verjaarsdag Gallery – Fotos en prentjies van maaitjies en nuwe plekke wat Bester besoek het!
Produkte
Daar is hope Afrikaanse produkte vir jou wat beide leersaam en prettig is soos BesterKlub Werksboekies en Bester se eie T-hempies.
Hier kan jy ook as VIP Maatjie aansluit, wat beteken dat jy weekliks n lieflike pretpak, propvol aktiwiteite om kleinbreintjies mee besig te hou, aflaai. Ingesluit is ook n splinternuwe liedjie en storie elke maand om die kindertjies te vermaak. Hierdie program is spesiaal ontwikkel om kwaliteit tyd met jou kind te bevorder.
Alle artikels
Interressante artikels wat maandeliks verskyn oor verskeie onderwerpe soos kinderopvoeding, gesondheid, goeie eetgewoontes geskryf deur ons paneel van kundiges. ? Argief sal later beskikbaar wees om na te kan slaan.
Forum
Waar ouers mekaar kan raad vra of sommer net lekker kan gesels....in Afrikaans!
Maandelikse nuusbrief
Die Afrikaanse nuusbrief word maandeliks ge-epos na alle lede en het interressante feite oor die maand se tema, Bester Klub nuus bv. inligting oor die volgende vertoning van Bester en maats. |