registreer

Ons Nuusbrief

Algemene Nuusbrief


Receive HTML?

Immunisering

IMMUNISERING

Immunisering/inenting beskerm volwassenes en kinders teen gevaarlike maar voorkombare siektes. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie red immunisering jaarliks drie miljoen lewens.

 

WAT IS IMMUNISERING?

 

Extended Programme on  Immunisation, Wes-Kaapse Provinsiale RegeringDie Departement van Gesondheid raai moeders sterk aan dat hulle hulle kinders teen aansteeklike siektes moet beskerm deur hulle van geboorte af tot wanneer hulle vyf jaar oud is, te laat inent. Inenting is gratis beskikbaar by alle gesondheidsfasiliteite. Die Departement reël ook immuniseringsveldtogte en gesondheidswerkers word na primêre skole gestuur om die kinders te immuniseer. Die provinsie beplan 'n massa-immuniseringsveldtog teen masels en polio vir 2004.

Immuniserings is veilig. Alhoewel newe-effekte ná immuniserings wel voorkom, is hulle gewoonlik lig en klaar gou op. Skakel u kliniek vir raad as u bekommerd is.

TEEN WATTER SIEKTES KAN U KIND BESKERM WORD?"

 

U kind kan die onderstaande siektes vryspring indien hy/sy ingeënt is:

Polio word veroorsaak deur kieme (poliovirusse) wat die senuwees aantas en swakheid of verlamming van die bene en/of arms veroorsaak. In 'n ernstige graad kan dit die asemhalingspiere aantas.

Masels veroorsaak 'n hoë koors en 'n uitslag en kan lei tot diarree en ontwatering, doofheid, oogkomplikasies, longontsteking, breinskade en selfs die dood.

Haemophilus Influenzae Tipe B (Hib) is 'n ernstige siekte wat hoofsaaklik kinders onder die ouderdom van 5 jaar aantas, en sterfte as gevolg van Hib-siekte is algemeen by kinders onder die ouderdom van een jaar. Party van die kinders wat Hib-siekte oorleef, hou permanente skade soos blindheid, doofheid, breinskade of verlamming oor.

Hepatitis B is 'n infeksie van die lewer, wat lewerskade, lewerkanker en die dood kan veroorsaak.

Kinkhoes begin met 'n hoofpyn, koors en 'n hoes. Swaar hoesbuie maak dit vir die kind moeilik om te eet, te drink of selfs asem te haal.

Tetanus (klem-in-die-kaak) kom voor wanneer die tetanus-kiem wat in grond leef en die liggaam by 'n sny of wond binnekom, 'n toksien produseer. Die kiem kan spierspasmas, asemhalings- en hartprobleme veroorsaak en selfs tot die dood lei. Die moontlikheid dat iemand weens hierdie toestand kan sterf, is baie hoog.

Witseerkeel is 'n gevaarlike bakteriële siekte wat dit moeilik maak om asem te haal.

Tuberkuleuse (TB) Meningitis is 'n ernstige siekte wat mense van alle ouderdomme kan aantas. Diegene wat TB kry, kla van hoes oor 'n lang tydperk, borspyn, nagsweet, gewigsverlies en die persoon kan selfs sterf indien die toestand nie behandel word nie. By jong kinders kan die TB-kiem die brein aantas en meningitis veroorsaak, of dit kan ook in die bloed beland en na ander dele van die liggaam versprei. By jong mense kan TB die dood veroorsaak. Die beste beskerming vir jong kinders teen siektes wat deur die TB-kiem veroorsaak word, is die BCG-entstof.

Babas wat nie die BCG-entstof by geboorte ontvang nie, word gewoonlik geïmmuniseer wanneer hulle na die kliniek geneem word vir die volgende immuniseringsbesoek, op ses weke oud. Enige baba jonger as een jaar wat nie die BCG-entstof by geboorte gekry het nie, moet na die naaste kliniek geneem word waar die entstof gegee sal word. Babas wat met die MIV geïnfekteer is, wat siek is en tekens van vigs toon, moet NIE die BCG-entstof kry nie.

Die immuniseringskedule hieronder toon die ouderdomme vir elke immunisering. Dit is belangrik om die volle kursus immuniserings te voltooi soos in die tabel aangetoon.

WANNEER OM U KIND TE IMMUNISEER

 

 

Ouderdom Entstof Hoe?
By geboorte BCG (entstof teen TB)
Polio-entstof
Inenting in boonste regterarm
Druppels per mond
6 weke oud Polio-entstof
DTP*-entstof + Hib#-entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy
10 weke oud Polio-entstof
DTP*-entstof + Hib#- entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy
14 weke oud Polio-entstof
DTP*-entstof + Hib#- entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy
9 maande oud Maselsentstof Inspuiting in regterdy
18 maande oud Polio-entstof
DTP*-entstof
Maselsentstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerarm
Inspuiting in regterarm
5 jaar oud Polio-entstof
DT**-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerarm

 

DTP* = entstof teen witseerkeel, kinkhoes en klem-in-die-kaak
DT** = entstof teen witseerkeel en klem-in-die-kaak alleenlik
Hib# = entstof teen Haemophilus influenzae tipe B

Voorskrifte:  Immunisering is beskikbaar by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums sowel as by gesondheidsorgfasiliteite op sekondêre en tersiêre vlak.Neem met elke besoek altyd u kind se Pad-na-Gesondheid-kaart saam na die kliniek om seker te maak dat al die immuniserings bygewerk bly. 

Veskaf deur: Departement Gesondheid (Government of South Africa)
Prys: Al die entstowwe in die roetine-skedule is gratis by alle primêregesondheidsorgfasiliteite en sentrums beskikbaar.
LW. Hierdie is die siening van die skrywer/verskaffer en het geen verband met Besterklub.com nie. Hierdie word verskaf slegs as inligting.
 

 

 

Teken In




Another Custom Web Development by Kalemanzi GFX Media Solutions
viagra