|
BesterKlub se visie is om kwaliteit-tyd tussen ouers en kinders te bevorder. Deur kwaliteit-tyd saam met ons kinders te spandeer, kan ons gesonde ouer-kind verhoudings kweek, wat weer volwassenes vorm met selfvertroue en hoop vir die toekoms met die leuse:
‘DIT IS LEKKER OM TE LEWE!' BesterKlub se missie is om vermaak aan kinders te bring met sterk morele waardes en vrolike, opgeruimde, oorspronklike liedjies en stories. Ons doen dit deur verskeie kwaliteit produkte - van CD's en ‘n DVD, tot ‘n opvoedkundige webwerf. Die Besterklub.com webwerf is geskep sodat ouers, voogde of oumas en oupas kan aansluit om weekliks ‘n program af te laai. Hierdie program verskaf die nodige gereedskap om leersame aktiwiteite met pret te kombineer, sodat ouer-kind kwaliteit-tyd onvergeetlik en terselfde tyd waardevol is......registreer nou om ‘n lid te word! |
|
|
Nuutste Inhoud
Ons Nuusbrief
Ouers


